To improve the appearance of this website please Click here to download Adobe Flash Player

Tuisblad

SALOMON SENEKAL HOëRSKOOL

 

7 Maart  2014 / 04  

Geagte Ouer  

1.     DANKIE

 

Baie dankie aan mnre Petrus en Johan Roux vir die lê van die tartanbaan.  Ons waardeer dit baie.

Baie dankie aan al die ouers wat benodigdhede gestuur het of wat hard gewerk het tydens die Rodeo-dag.  Dit word opreg waardeer. 

2.      HEKKE

 

Die hekkie aan die meisieskoshuis se kant sal smiddae oop wees.  Die hoërskoolleerders kan daar opgelaai word.  Die laerskool sal deur die voorhekke verdaag.  Indien u leerders in beide afdelings het,  kan albei na die klein hekkie uitbeweeg.  Die reëlings is net om ons verkeervloei te vergemaklik.  Baie dankie vir u samewerking.

 

3.     GELUK

 

SWEM

 

Baie geluk aan Amorie Potgieter wat in die Vlak 1 swemspan opgeneem is en gekies is om op 28 Maart 2014 in Germiston te gaan swem.  Baie sterkte, Amorie!

 

KRIEKET

 

Baie geluk aan die O/19 krieketspan wat derde in hul liga geëindig het.  Trots op julle!!

 

ATLETIEK

 

Baie geluk aan die volgende hoërskoolatlete wat aan die Fezile Dabi  Sekondêre Atletiekkampioenskappe deelgeneem het:

 

MENE VAN COLLER

MARIOLISE LEMMER

JANDE LABUSHCAGNE

ADA THOMPSON

BIANCA OPPERMAN

CHRISTINE CROUS

DANICA VAN WYK

JANNIE CROUS

AJ NEL

HENK CROUS

MARCHEL ERASMUS

PHILLIP DU PLESSIS

 

Baie geluk aan die volgende laerskoolatlete wat aan die Fezile Dabi Primêre Atletiekkampioenskappe deelgeneem het.

 

JOHANE VAN COLLER

LORENCO CROUS

JANICO VAN COLLER

RUAN THOMPSON

OTTO JORDAAN

ENRIQUE OCHSE

 

Geluk aan die volgende drie leerders wat aan die Vrystaat Primêre Atletiek Kampioenskappe te Bloemfontein deelgeneem het:  Janico van Coller, Ruan Thompson en Enrique Ochse.

Spesiale geluk aan Janico van Coller  wat ‘n vyfde plek behaal het in Verspring vir Seuns O/10. 

 

MUSIEK

 

Baie geluk aan die volgende leerlinge met hul uitslae:

 

Joshua Schoeman      –          Klavier Graad 1 met meriete

Abigail Schuld            -           Klavier Graad 1

Hanlie Crous              -           Klavier Graad 1 met meriete

Vanessa Klopper       -           Kalvier Graad 1 met onderskeiding

 

NETBAL EN HOKKIE

 

Baie geluk aan die netball en hokkie wat die afgelope naweek in Orkney deelgeneem het.  Hulle het mooi wenpunte behaal.  Ons is trots op julle!!

 

4.     AFWESIGHEDE VAN LEERDERS

 

Ons versoek u asb om toe te sien dat u kind nie onnodig uit die skool sal bly nie.  Hulle verloor ongelooflik baie werk.  Afsprake moet asseblief, sover moontlik, in die middae geskeduleer word.  Baie dankie vir u samewerking.

 

 

5.     SIMPATIE

 

Ons innige simpatie met die afsterwe van mev Albe Wessels se eggenoot, mnr Arnold Wessels.  Ons bid hulle vertroosting en berusting toe.

 

Ons innige simpatie ook aan die familities van twee van ons oud skoliere:

Mnr Johan Swanepoel en mnr Wouter Trieloff.  Baie sterkte.

 

6.     HET JY GEWEET

 

“Die liefde is nie sonder foute nie, maar liefde kan die foute vergewe.”  Michael Listner

 

Ondersteun gerus die CANSA stap vanaand by die skool vanaf 17:00 – 22:00.  Die stap vind om die atletiekbaan plaas.  Volwassenes:  R30 en kinders – R15.  Daar sal ook kosstalletjies wees. 

 

Besoek gerus ons webwerf:  www.viljoenskroonskool.co.za

 

 

Groete

 

WJN KIESSIG           

SKOOLHOOF