To improve the appearance of this website please Click here to download Adobe Flash Player

Tuisblad

  SALOMON SENEKAL HOëRSKOOL

23 Mei 2014 / 09

Geagte Ouer  

1.     DANKIE

 

Baie dankie aan almal wat gehelp het tydens die Nampo week.  U insette, tyd en bydraes word baie waardeer.

2.     GELUK

 

PERDRY

 

Baie geluk aan Bianca Opperman.  Sy het Saterdag, 10 Mei 2014 by Harties Riding Club deelgeneem en as volg presteer:

Pols on ground – eerste plek

Spring 30 cm – eerste plek

In die working riding het sy twee tweede plekke gekry en twee derde plekke.

In working hunter 30 cm het sy eerste plek behaal.                                                        

Best work – eerste plek

Best trot – derde plek.

 

Baie geluk Bianca!

 

BOKKIEWEEK

 

Baie geluk aan die volgende leerders wat die Bokkiespan gehaal het:

Tjaart Cronjé en Enrique Osche – O/13 rugby

Chandré Roux – Hokkie

Jannie Crous – O/14 Rugby

Pieter Swanepoel – O/16 Rugby

Ricardo Osche – O/19 Rugby

 

3.     SPORTDAE                                               

 

BELANGRIK ASB!!!!

 

Leerders moet busgeld onthou vir elke sportsoort wat weg speel:  R20 per leerder

Leerder MOET volledige skool sportdrag aantrek met sportdae.  Tuis en weg.  Geen denims en ander siviele drag nie.

Ondersteuners kan wel hul blits-/Villiehempie en denim aantrek.

 

 

 

 

 

4.     HET JY GEWEET

 

ROCK-KITAARLESSE

 

Beginner- en intermediêre lesse in akoestiese en elektriese kitaar.  Leer ‘n verskeidenheid van aspekte, insluitend:  koordstrukture, koordwisseling, strumpatrone, skale, speeltegnieke (bv. vibrato, bends, slides, alternate picking, sweep picking, tremolo picking, tapping en meer.) Gebruik van effects.

Kontak Philip by 0842645351.

 

 

 

INDANE DANCE DYNAMIX

 

Ons spesialiseer in ballet,  moderne Dans en hip hop.  Vir meer inligting skakel gerus:

Ingrid:  0723796835

 

Het jy gehoor van die boer wat ongelukkig begin raak het met sy plaas en toe besluit hy om dit te verkoop?  ‘n Paar dae later bel sy eiendomsagente en vra toestemming om die plek in die tuiskoerantjie te adverteer.  Sy het die advertensie vir die boer gelees.  Dit het die plasie beskryf as ‘n pragtige plekkie in ‘n ideale omgewing – stil en rustig, omring deur groen heuwels, gevoed deur die dam en geseën met goed-geteelde diere. Die Boer sê,  “Lees dit weer vir my.”  Nadat hy dit ‘n tweede keer gehoor het, sê hy, “Ek het van plan verander.  Ek verkoop nie meer nie.  Ek het my hele lewe lank nog na so ‘n plek gesoek.”

 

Wat het verander?

Sy perspektief.  Soms moet ‘n mens dit wat jy as vanselfsprekend beskou, of dit wat jy as alledaags sien en wat begin om jou te verveel, sien deur iemand anders se oë, voor jy dit weer kan waardeer.  Neem ‘n oomblik om regtig eerlik te wees oor jouself en jou lewe, en te dink aan hoe geseënd jy eintlik is…..

 

Besoek ons gerus op facebook:  Salomon Senekal Hoërskool

 

Groete

 

WJN KIESSIG            

SKOOLHOOF