To improve the appearance of this website please Click here to download Adobe Flash Player

Tuisblad

  SALOMON SENEKAL HOëRSKOOL

6 Junie 2014 / 10

Geagte Ouer  

1.     DANKIE

Dankie aan Chris Liebenberg vir die treffende Hemelvaartdiens  Donderdagoggend. 

 

Baie dankie aan een en elkeen vir hul hulp tydens ons verkope met ons sport teen Hoopstad en Sandveld.  U hande help baie by die verkope.

Die koshuis wil graag die volgende persone bedank:

MNR PETRUS ROUX

SKENKING VAN BEES EN MIELIEMEEL

MEV LORITA KURTEN

MELK EN BEWERKING VAN BEES

MNR EN MEV CHRISTIE CAMPER

EIERS

MNR GERT BRITS

PAMPOENE EN HULP MET BRAAI TYDENS NAMPO

MNRE KIESSIG, SWART EN VAN RENSBURG

HULP MET WATERSTELSEL BY EMILYHOF

OOM ANDREW KUYS EN SKOOLARBEIDERS

SKUIF VAN BEDDENS

CATHERINE, CHANTELLE EN CHANE ERASMUS

HULP TYDENS NAMPO

MEV ZELDA POTGIETER

HULP TYDENS NAMPO

MEV MADELEEN VAN COLLER

SKOONMAAK VAN TUINE VIR NAMPO

MEV CARIKA MOSTERD

HULP TYDENS NAMPO

MEV HANLIE CILLIERS

HULP TYDENS NAMPO

MNR EN MEV THEUNS STEYN

HULP TYDENS NAMPO

WILLEMIEN EN LUCY

HARDE WERK TYDENS NAMPO

PROVERT

20 L OLIE GESKENK

MARCELLE STANDER

HULP TYDENS NAMPO

 

 

 

Jul bydaes word ONEINDIG waardeer.  Baie, baie dankie!!

 

Baie dankie ook aan Solidariteit Helpende Hand vir hul skenking tov van ons Vierfontein Busleerders.  U bydrae word baie waardeer en beteken vir hierdie gesinne baie.

 

 

2.     GELUK

 

RUGBY

Baie geluk aan Philip du Plessis wat die O/19 Sandveld A-span gehaal het.  Ons is trots op jou Philip.

 

PERDRY

Bianca Opperman het Saterdag, 31 Mei, deelgeneem aan Western games in Kroonstad.  Sy het barrel racing, speed barrels en keyhole gedoen.  Sy het in al drie die beste tye gehad waarvoor sy ook die algemene eerste plek behaal het in die junior klas.  Baie geluk.

 

3.     SKOOLURE                                   

BELANGRIK ASB!!!!

 

Skoolure vanaf Maandag, 9 Junie 2014 tot en met die skool sluit is as volg:

Begin om 08:00 en verdaag om 12:30.  Daar sal ‘n Intervensie- studie wees vanaf 12:30 – 14:00 vir leerders. 

 

4.      SKOOLBESOEKE

Ons versoek u asb weereens baie mooi om eers by die kantoor aan te meld.  Geen ouer kan net deurstap na ‘n klas of ‘n onderwyser toe nie.  U meld by die kantoor aan en kry ‘n besoekerskaartjie of u kan ‘n afspraak maak om ‘n spesifieke onderwyser te sien. 

 

5.     HET JY GEWEET

 

GEEN LEERDERS MAG MET OF SONDER ‘N LISENSIE OP DIE SKOOLTERREIN BESTUUR NIE ASB.

 

Met verwysing na Huisgenoot artikel- 15 Mei 2014.  Jannie Putter (sportsielkundige  en geestelike afrigter)  Vir kinders onder te veel druk is tou opgooi dikwels al opsie.

 

ONDERSTEUN JOU SPORTIEWE KIND SO

 

Jannie Putter beklemtoon die belangrikheid daarvan om wysheid te beoefen wanneer jy sportiewe kinders lei.  Hier is sy aanbevelings:

 

MOETS

 

·         Fokus op vaardigheidsontwikkeling en maak dit die kind se doelwit om die vaardighede te bemeester, pleks van heeltyd te wen.

·         Ouers moet hul eie drome vind en hulle nie deur hul kinders uitleef nie.

·         Ouers moet self meer pret hê en meer foute maak.  Hoe meer kinders sien daar is niks mee verkeerd om foute te maak nie, hoe minders druk sal hulle ervaar.

·         Ouers sowel as kinders moet voorbereid wees op die druk wat sukses meebring, soos die kollig, aanhangers en verwagtinge om te presteer.  Hulle moet leer hoe om dit te hanteer.

 

MOENIES

 

·         Moenie uitkomsdoelwitte of die voortdurende verwagting van oorwinning by die kind inprent nie. Laat hulle weet hul beste is genoeg.

·         Moenie wegskram van massadeelname en die ontwikkeling van vaardighede nie;  mededingende en individuele deelname, veral op laerskoolvlak, gaan met groter druk gepaard.

·         Moenie onredelike eise aan jou kinders stel en hulle soos verloorders laat voel nie.

 

Besoek ons gerus op facebook:  Salomon Senekal Hoërskool

 

Groete

 

 

 

 

WJN KIESSIG            

SKOOLHOOF