To improve the appearance of this website please Click here to download Adobe Flash Player

Tuisblad

  SALOMON SENEKAL HOëRSKOOL

25 Julie 2014 / 12

Geagte Ouer  

1.     GELUK                                                                    

 

TENNIS

 

Die volgende drie leerders het aan die tennistoernooi in Parys deelgeneem:

Marco Olivier

Johané van Coller – sy val eers in die kwarteindrondte uit.

Janico van Coller – behaal ‘n tweede plek by seuns O/11.  Baie geluk julle twee!!

 

VEERPYLTJIES

 

Elizma Oosthuizen het aan die SA Kampioenskappe vir veelpytjies in Kaapstad deelgeneem waar sy ‘n tweede plek behaal het. Sy is ook gekies om Suid Afrika volgende jaar in Turkye te verteenwoordig.  Mooi so Elizma!!

 

BOKKIEWEEK

 

Baie geluk aan almal wat aan die Bokkieweek deelgeneem het.  Geluk aan Jannie Crous wat twee keer gekies is as speler van die wedstryd vir die O/14’s.  Jannie is ook genooi om deel te neem aan die SA Bokkie O/14 proewe.  Ons hou duim vas, Jannie.       

 

PERDRY

 

WESTERN MOUNTAIN GAMES TE PARYS

Biana behaal ‘n derde plek vir barrel racing en ‘n algemene vierde plek uit 31ruiters.

 

APPALOOSA SKOU TE PRETORIA

Bianca behaal twee eerste plekke, twee tweede plekke en een vierde plek. 

 

Baie geluk Bianca!!                                                                                   

 

2.     SKOOLKLERE

 

Nuwe bestelvorms vir klere sal vanaf Maandag by die skoolkantoor beskikbaar wees.  U kan die vorms invul en betaal sodra die klere gekom het.  Bestel asb vroegtydig om teleurstelling te voorkom.

 

3.     KWARTAALPROGRAM           

 

Aangeheg die kwartaalprogram.  Let asb daarop dat hierdie program onderhewig aan veranderings is.

 

 

 

 

 

 

 

4.     LIEF EN LEED

 

Ons bid die volgende families sterkte toe.  Ons dra julle in ons gebede.

 

1.      Oom Danie, tannie Anne-Marie, Zaniel en Nieltus Van Huyssteen met die afsterwe van DP.

2.      Dr Jorina van Niekerk met die afsterwe van haar eggenoot.

3.      Die Dreyer-gesin met die afsterwe van hul vader en oupa.

4.      Die Nel-gesin met die afsterwe van hul moeder en ouma.

 

Mag dieVader vertroosting en berusting op sy tyd bied.

 

5.     HET JY GEWEET

“Die grootste geskenk wat jy ‘n ander kan gee, is jou volle aandag.”  Richard Moss

 

Besoek ons gerus op facebook:  Salomon Senekal Hoërskool

 

Groete

 

 

WJN KIESSIG            

SKOOLHOOF