To improve the appearance of this website please Click here to download Adobe Flash Player

Tuisblad

  SALOMON SENEKAL HOëRSKOOL

8 Augustus 2014 / 13

Geagte Ouer                                                  

1.     GELUK                                                                    

 

PERDRY

 

Elisma Olivier verteenwoordig die skool waar sy deelgeneem het aan die Sanesa Western Show.  Sy kwalifiseer in die eerste rondte en behaal twee eerste plekke.

Eerste plek – Western Dress Code

Eerste plek – Western Pleasure Horse

Baie geluk Elisma.  Villies is trots op jou!

Dankie ook aan Amor Richter wat opgetree het as beampte.

 

KLASLEIERS

 

GRAAD 4:       Junior van der Westhuizen  Zaniel van Huyssteen

GRAAD 5:       Joshua Schoeman                  Hanlie Crous

GRAAD 6:       Otto Jordaan                          Johané van Coller

 

NATUURWETENSKAP VASVRAE

 

Al ses leerders het ‘n eerste en tweede plek behaal tydens die Fezile Dabi Natuurwetenskap vasvrae -kompetisie.  Baie geluk julle!

 

Johané van Coller                  Tjaart Cronjé

Elisma Oosthuizen                 JW van der Westhuizen

Karlien Odendal                    Benjamin Kruger

 

GIMNASTIEK

 

Danielle Geyser het hierdie afgelope naweek in die Noordwes gimnastiek kampioenskappe deelgeneem.  Sy het ‘n goue medalje verwerf op balk, silwermedalje vir vloer en trapbrug en brons op spronge.  Sy het algeheel die eerste plek behaal en is nou 5 jaar agtereenvolgens Noordwes-kampioen.  Sy is gekies om die Noordwes-provinsie gedurende September op die SA kampioenskappe te verteenwoordig.  Baie mooi Danielle!!

 

NOORDWES KINDERKOOR

 

Tjaart en Anina Cronjé ontvang erekleure vir getroue en gewaardeerde diens gelewer in die Noordwes-Kinderkoor.  Baie geluk julle twee!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2.     SKOOLKLERE

KLEREBANKTYE:

 

DINSDAE                    :           13:00 – 14:00

DONDERDAE             :           07:30 – 08:30

VRYDAE                     :           08:00 – 09:00

Alle tweedehandse klere sal voortaan R20 per item wees.  Baie dankie.

 

3.     HET JY GEWEET

“Vriende koester die hoop in mekaar se harte en versorg mekaar se drome”  Henry David Thoreau

 

Besoek ons gerus op facebook:  Salomon Senekal Hoërskool

 

Groete

 

 

 

WJN KIESSIG            

SKOOLHOOF