To improve the appearance of this website please Click here to download Adobe Flash Player

Tuisblad

  SALOMON SENEKAL HOëRSKOOL

22 Augustus 2014 / 14

Geagte Ouer                                                  

1.     GELUK                                                                                            

 

TOP 10

 

Baie geluk aan alle leerders wat verkies is tot die Top 10 akademie.  Hou so vol. 

 

GIMNASTIEK

 

Meghan Gossayn het Saterdag, 9 Augustus 2014, aan Gold Reef se uitnodigingskompetisie by Wits deelgeneem.  Sy behaal ‘n vierde plek.

Sy neem ook Saterdag, 16 Augustus 2014, aan Sasol se uitnodigingskompetisie in Secunda deel.  Sy behaal vier vierde plekke en ‘n derde plek.  Mooi so, Meghan!

 

TENNIS

 

Janico van Coller speel vir Noord-Vrystaat tennis en wen al sy wedstryde.  Baie geluk, Janico!!

 

MUSIEK

 

Baie geluk aan die volgende leerders wat onderskeidelik A++, A+, B+ en B simbole behaal het vir klavier en kitaar in die afgelope Noord-Wes Musikon Eisteddfod.  Spesiale gelukwensing aan Berné Swart en Joshua Schoeman wat genooi is vir ‘n konsertuitvoering.  Ons is trots op julle almal!!

 

BERNé SWART

BARBARA DOYER

BIANCA OPPERMAN

MENé VAN COLLER

EMARI SWART

VANESSA KLOPPER

IGNATIUS DOYER

JEANé SWANEPOEL

JOHANé VAN COLLER

BENJAMIN KRUGER

MARCO OLIVIER

OTTO JORDAAN

HANLIE CROUS

JOSHUA SCHOEMAN

ANINA CRONJé

ABIGAIL SCHULD

MEGHAN GOSSAYN

JANA KRUGER

KARLA VAN RENSBURG

JANICO VAN COLLER

VIVIENNE SENEKAL

 

DEBAT

 

Baie geluk aan die volgende gr 4 – 6 Debatwenners vir 2014:

Tjaart Cronjé, Hanlie Crous en Johané van Coller.

 

2.     DANKIE

 

Baie dankie aan Ina Engelbrecht vir die skenking van lemoene aan ons koshuise.

Ons opregte dank aan Mielieboere Bonsmaras vir die skenking van hokkiesakke.

 

 

 

 

3.      SKOOLHEKKE

 

Na heelwat versoeke van ons ouers in verband met ons leerders se veiligheid het die Beheerliggaam besluit dat die skoolhek gedeeltelik oopgelaat sal word soggens tot en met 09:00 asook weer vanaf 12:00 vir die bring en kom haal van leerders.  Baie dankie vir u samewerking.  Dit word opreg waardeer.

 

4.     SKOOLFOOIE

 

Skoolfooie moet asseblief gereeld betaal word.  Einde September word alle agterstallige rekenings weer aan die invorderaars oorhandig.

 

5.     TYDSKRIFTE

 

Ons vra asseblief enige ou tydskrifte.  Ons gebruik dit baie in ons klasse met die leerders.  U kan dit sommer by die kantoor afgee.  Baie dankie.

 

6.     HET JY GEWEET

 

“Vriendskappe vermeerder blydskap en verminder ellende deur vreugde te verdubbel en hartseer te verdeel.”  Joseph Addison

 

Helder jou lente- en somertuin op met by blomplantjies……  Verskeidenheit en gemeng @ R2.50 per plantjie.  Kontak Rosa:  0725086777

 

Besoek ons gerus op facebook:  Salomon Senekal Hoërskool

 

Groete

 

 

 

WJN KIESSIG            

SKOOLHOOF