To improve the appearance of this website please Click here to download Adobe Flash Player

Tuisblad

  SALOMON SENEKAL HOëRSKOOL

5 September 2014 / 15

Geagte Ouer                                                                                                                          

1.     GELUK                                                                                

VIOOL

Baie geluk aan Mike du Toit wat drie A-simbole behaal het vir viool tydens die onlangse eisteddfod.  Baie geluk, Mike!

 

KRIEKET

Baie geluk aan Liezl Brits wat verkies is as een van 25 vroue tot die Professionele Vrystaat-vrouekrieketspan.  Baie geluk, Liezl!!

PG Engelbrecht is gekies vir die Kroon-krieketspan.  Baie geluk PG en sterkte met die jou deelname vorentoe.

 

DEBAT

Baie geluk aan die volgende debatswenners:

 

GRAAD 1:

1.      Heleen Coertze

2.      Jamoré Olivier

3.      Alzaan Grobbelaar

 

GRAAD 2:

1.      Nathan Gossayn

2.      Christiaan Coetzee

3.      Jantus van Biljon

 

GRAAD 3:

1.      Jana Kruger

2.      Ludwich Schuld

3.      Vivienne Senekal

 

GRAAD 7 – 9

1.     Elri van den Berg

2.     Emari Swart

3.     Sulize Olivier

 

GRAAD 10 – 12

1.     Deandré Nieman

2.     Judy-Lee Linde

3.     Barbara Doyer

 

EREKLEURE

VOL EREKLEURE

Tjaart Cronje en Anina Cronjé – lede van Noordwes kinderkoor.  Baie geluk julle twee!

 

HALF EREKLEURE

Philip du Plessis – Lid van die O/19 A Sandveld-Rugbyspan wat aan die VKB-week in Reitz deelgeneem het.

Chandré Roux – deelgeneem aan Bokkieweek vir Hokkie O/19

 

Die onderstaande rugbyspelers het aan die Bokkieweek in hul onderskeie ouderdomsgroepe deelgeneem.

O/19   Richardo Ochse

O/14   Jannie Crous

O/13   Johan van der Merwe, Enrique Ochse en Tjaart Cronjé. 

 

Baie geluk aan julle almal!!  Trots op julle!!

 

HENGEL

Baie geluk aan AJ Nel wat gekies is vir die VS Junior B-span en hy gaan deelneem aan die SA Kampioenskappe wat plaasvind gedurende Desember 2014.  Sterkte AJ!!  AJ het deelgeneem aan die VS proewe gedurende 2014 en slegs 13 hengelaars is gekies vir die VS B-span om deel te neem aan die SA Kampioenskappe vir juniors.

 

2.     DANKIE

Baie dankie aan die Gideons vir die skenking van Bybeltjies aan ons graad 8’s. 

 

3.     SKOOLHEKKE

BAIE dankie vir u goeie samewerking ten opsigte van die hekke.  Dit werk goed!!

 

4.     SKOOLFOOIE

Skoolfooie moet asseblief gereeld betaal word.  Einde September word alle agterstallige rekenings weer aan die invorderaars oorhandig.

 

5.     TYDSKRIFTE

Ons vra asseblief enige ou tydskrifte.  Baie leerders gebruik dit in sekere vakke.  U kan dit sommer by die kantoor afgee.  Baie dankie.

 

6.     SKOOLKLERE

Bestellings vir skool- en sportdrag tot en met die einde van die eerste kwartaal 2015 sluit op 12 September 2014.  Vorms by klerebank en kantoor beskikbaar. 

KLEREBANKTYE:  DI:  13:00 – 14:00, DO:  07:30 – 08:30, VRY:  08:00 – 09:00

TWEEDEHANDSE KLERE:  DI:  09:30

 

7.     HET JY GEWEET

“’n Ware vriend is iemand wat vir jou sê:  ‘Daar waar jou hart stukkend breek, wil ek naby wees.’  Anoniem.

 

Helder jou lente- en somertuin op met blomplantjies - verskeidenheid en gemeng @ R2.50 per plantjie.  Kontak Rosa:  0725086777

 

Hervul u waterkanne vir slegs R1.00 per liter.  Ys – 2kg – R6.00

Waar?  Waar die ou Oasis was.

 

Besoek ons gerus op facebook:  Salomon Senekal Hoërskool

 

Groete

 

WJN KIESSIG            

SKOOLHOOF