To improve the appearance of this website please Click here to download Adobe Flash Player

Tuisblad

  SALOMON SENEKAL HOëRSKOOL

19 September 2014 / 16

Geagte Ouer                                                                                                                          

1.     GELUK

                                                                                   

VEERPYLTJIES

Vanaf 7 Julie tot 11 Julie het Elisma Oosthuizen aan die Suid- Afrikaanse Veerpyltjie Kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem en Noordwes verteenwoordig.  In die dubbels het sy en haar medespeler al hul wedstryde gewen en is die 2014 Suid- Afrikaanse Junior dogterskampioene.  In die enkels het Elisma baie goed gevaar en 9 van haar 12 wedstryde gewen wat haar ‘n tweede plek gegee het en ‘n silwermedalje.  In die gemengde dubbels het sy en haar medespeler 7 uit 11 wedstryde gewen en ‘n 4de plek behaal.

 

Noordwes het ook ‘n 3de plek in die algehele kompetisie behaal wat voorwaar ‘n uitstekende prestasie is.  Elisma is vereer met Protea-klere en verkies tot die Protea-span om Suid-Afrika te verteenwoordig by die 2015 Wêreldbeker wat in Turkye aangebied sal word. 

 

Baie geluk, Elisma!!Villies is so trots op jou.  Ons hou jou volgende jaar in Turkye dop.

 

PERDRY

Zaniel van Huyssteenneem deel aan die Westernskou te Potchefstroom.  Sy behaal twee tweede plekke in Western Trail en Western pleasure.  Baie geluk Zaniel.

 

Karla van Rensburgbehaal ‘n eerste plek vir ruiters onder 10 jaar op die Pretoria-skou.  Sy het op Takida gery.  Baie geluk

 

Bianca Opperman het aan die Boertjiefees deelgeneem.  Sy het die volgende plekke gekry:

Cross Country – 4de, Hurry scurry – 3de, Spring:  50cm – 3de en 70cm – 3de.  Die perde-aflosspan was eerste (individueel vinnigste tyd om baan gery).  Baie mooi Bianca!!

 

Elisma Olivierneem deel aan 2de SANESA Qualifier Western Riding in Potchefstroom.  Sy behaal ‘n 1ste plek Western Trail, 1ste plek Western Horsemanship, 1ste plek Western Pleasure Horse, 1ste plek Western Dressage.

Elisma is uitgenooi na SANESA Nationals in Pretoria om deel te neem aan die Newcomers Challenge.  Baie geluk Elisma en baie sterkte.

 

SAIPA OLIMPIADE

Baie geluk aan Danieta Lee-Ross wat eerste gekom het in die 2014 SAIPA nasionale Rekeningkunde Olimpiade in die Vrystaat.  Trots op jou Danieta!!

 

SWEM

Amori Potgieterneem deel aan die Hillcrest Speedo Gala.  Sy ontvang ‘n medalje vir 3de plek in rugslag, vierde plek in vlinderslag en 5de plek in vryslag.  Baie geluk Amori!

 

EREKLEURE

 

VOL EREKLEURE

Elizma Oosthuizen – Deelgeneem aan SA Kampioenskappe in Kaapstad.  Verkies tot Nasionale span en ontvang Protea-klere wat SA in 2015 tydens die Wêreldbeker in Turkye gaan verteenwoordig.

HALF EREKLEURE

Pieter Swanepoel- Deelgeneem aan Bokkieweek vir Rugby O/16.

 

Baie geluk julle twee.

 

2.     DANKIE

Baie dankie aan Janneman en Madeleen van Coller vir die pragtige potte vir die skool- en koshuis tuin.  Ons waardeer dit baie!!!

 

Baie dankie aan die volgende persone vir die skenking van voer vir die perde.  Dit word BAIE waardeer!

Ds Dries Cronjé, mnre Lourens van Rensburg en Boet Wienand.

 

Baie dankie aan mev Mariëtte Geyser vir haar hulp met die afrigting van hokkie.

 

3.     SKOOLFOOIE

Skoolfooie moet asseblief gereeld betaal word.  Einde September word alle agterstallige rekenings weer aan die invorderaars oorhandig.

 

4.     TYDSKRIFTE

Ons vra asseblief enige ou tydskrifte.  Baie leerders gebruik dit in sekere vakke.  U kan dit sommer by die kantoor afgee.  Baie dankie.

 

5.     MURRAYHOF SEUNSKOSHUIS

Ons wil graag vir die seuns ‘n sithoekie/kuierhoekie by die koshuis inrig.  Ons vra asb enige ou banke, stoele, tafeltjies, boekrakkies ens wat u bereid is om te skenk.  U kan vir Madeleen van Coller skakel by:  0823060967.

 

6.     HET JY GEWEET

“Om oorvloedig lief te hê is om oorvloedig te leef.”

 

Helder jou lente- en somertuin op met blomplantjies - verskeidenheid en gemeng @ R2.50 per plantjie.  Kontak Rosa:  0725086777

 

Hervul u waterkanne vir slegs R1.00 per liter.  Ys – 2kg – R6.00

Waar?  Waar die ou Oasis was.

 

Besoek ons gerus op facebook:  Salomon Senekal Hoërskool

 

Groete

 

WJN KIESSIG            

SKOOLHOOF