To improve the appearance of this website please Click here to download Adobe Flash Player

Tuisblad

  SALOMON SENEKAL HOëRSKOOL

3 Oktober 2014 / 17

Geagte Ouer                                                                                                                          

1.     GELUK

                                                                                               

MIELIEMANFUNKSIE

Baie geluk aan alle wenners tydens hierdie funksie.  Geluk en dankie ook aan ons beheerraad vir ‘n funksie uit die boonste rake!

 

2.     DANKIE

 

Baie dankie aan mnre Janneman van Coller en Petrus Roux vir die oprigting van ses afdakke by die skool.  Dankie aan die anonieme borg vir die afdakke.  Dit word baie waardeer!

 

3.     MURRAYHOF SEUNSKOSHUIS

Ons wil graag vir die seuns ‘n sithoekie/kuierhoekie by die koshuis inrig.  Ons vra asb enige ou banke, stoele, tafeltjies, boekrakkies ens wat u bereid is om te skenk.  U kan vir Madeleen van Coller skakel by:  0823060967.

 

4.      GRAAD R EN 1 OPEDAG

Ons opedag vind plaas op 24 Oktober 2014 vanaf 08:00 die oggend.

 

5.     DATUMS EN TYE

Fotobestellings        :           Sluit 2 Oktober 2014 (Betaal en bestel by klasonderwyser)

Skool sluit                 :           3 Oktober 2014 om 10:00

Skool heropen          :           13 Oktober 2014 om 8:00 en sluit om 12:00 (Personeelvergadering)

 

6.     HET JY GEWEET

“Kom maak jou gerus tuis in my hart, sonder om huur te betaal.”  Samuel Lover

 

Helder jou lente- en somertuin op met blomplantjies - verskeidenheid en gemeng @ R2.50 per plantjie.  Kontak Rosa:  0725086777

 

Hervul u waterkanne vir slegs R1.00 per liter.  Ys – 2kg – R6.00

Waar?  Waar die ou Oasis was.

 

Bederf jouself en ontspan met ‘n gesigbehandeling:  Reiniging, vel ontleding, afskrilfering, ekstraksies, massering, masker en bevogtiging.  Kontak Ronel du Preez - 0835017240

 

Besoek ons gerus op facebook:  Salomon Senekal Hoërskool

 

Groete

 

WJN KIESSIG            

SKOOLHOOF