To improve the appearance of this website please Click here to download Adobe Flash Player

Tuisblad

  SALOMON SENEKAL HOëRSKOOL

 

14 November  2014 / 20

Geagte Ouer                                                                                                                          

1.     GELUK                                

                                                                                               

SWEM

Amorie Potgieter neem deel aan die Age Group 2 te Potchefstroom: Sy behaal die volgende:

200m borsslag – tweede, 50m borsslag  – tweede, 200m IM – derde.  Baie geluk Amorie!

 

TENNIS

Baie geluk aan die volgende leerders wat in die Kroonsranglys is vir 2015:

 

Dogters O/14                        -           Johané van Coller (3)

Seuns O/14                -           Marco Olivier (1)

-                Otto Jordaan (11)

Dogters O/12                        -           Abigail Schuld (10)

Seuns O/12                -           Janico van Coller (3)            

Seuns O/10                -           Ludwig Schuld (1)

-                 Johan Jordaan (7)

-                 Kobus Jordaan (9)

Sterkte julle!

 

CONQUESTA OLIMPIADE

Baie geluk aan die volgende leerders wat die Afrikaans en Wiskunde Olimpiade geslaag het.

 

Benjamin Kruger

Michelle de Beer

Tjaart Cronjé

Shandré de Bruyn

Otto Jordaan

Duncan Jansen van Rensburg

Henko Labuschagne

Vanessa Klopper

Elisma Olivier

Lize-Marie Marais

Marco Olivier

Ruandré Roux

Karlien Odendaal

Johan van der Merwe

JW van der Westhuizen

Renette van Graan

Johané van Coller

 

Trots op julle!!

 

PERDRY

Die volgende kinders het die afgelope naweek aan die Western Mounted Games Kliniek deelgeneem:

Mike du Toit, Karla van Rensburg, Zaniel van Huyssteen, Bianca Opperman, HB Crous, Lorenco Crous, Cornel Botha en Jantus van Biljon.  Elkeen het ‘n trofee en sertifikaat ontvang.  Baie geluk julle!

                                                                                                           

2.     HEKKE

Die tye bly net soos dit is:

SOGGENS     :           GEDEELTELIK OOP TOT EN MET 09:00

MIDDAE      :           GEDEELTELIK  OOP

WEER VANAF 12:00

Dankie vir u mooi samewerking.  Indien die hek intussen toegaan soggens of smiddae, is dit nie vanaf die kantoor nie.  Ons ondervind probleme met die hek wat soms vanself toegaan.  Ons vermoed iemand in die omgewing se kontrole werk dalk ook op die hek.  Ons werk daaraan.  Wees ASB geduldig.

 

3.     SPORT

Indien die weer ongunstig is, word daar op ‘n wedstryddag deurentyd deur die afrigters met mekaar gekomunikeer om die weer weerskante te bepaal.  Dit is die afrigter self se verantwoordelikheid. Dit gebeur dan soms dat wedstryde op die nippertjie gekanselleer word as gevolg van ‘n reënbui.  Dit word dadellik afgekondig en leerders kan enige tyd by die kantoor kom skakel as hul vervoerreëlings verander. Dit is omstandighede buite almal se beheer.  Ons vra vir geduld en begrip hiervan.

 

4.     SKOOLFOOIE:  2015

Die volgende skoolfooie is goedgekeur op 29 Oktober 2014 na die Begrotingsvergadering waarheen u genooi was:

 

GRAAD

PER MAAND

PER KWARTAAL

PER JAAR

MET AFSLAG BINNE EERSTE KWARTAAL

GR R

1STE MND:  R490

11 MNDE:  R455

R1 373.75

R5 495.00

R5 220.25

GR 1 - 3

1STE MND:  R490

11MNDE:  R455

R1 373.50

R5 494.00

R5 220.25

GR 4 - 6

1STE MND:  R520

11 MNDE:  R475

R1 436.25

R5 745.00

R5 457.75

GR 7 - 9

1STE MND:  R530

11 MNDE:  R500

R1 507.50

R6 030.00

R5 728.50

GR 10 - 12

1STE MND:  R540

11MNDE:  R520

R1 565.00

R6 260.00

R5 947.00

 

AS LEERDERS ‘N MERIETEBEURS HET

  1. VAT TOTALE BEDRAG VAN SKOOLFOOIE PER JAAR
  2. MIN EERSTE MAANDFOOI
  3. MIN VYFHONDERD RAND (R500 MERIETEBEURS REEDS ONTVANG)
  4. 5% KORTING OP HIERDIE BEDRAG
  5. PLUS WEER EERSTE MAANDFOOI BY

 

KOSHUISFOOIE

R800 PER MAAND                                     

R2 400 PER KWARTAAL

 

Baie dankie aan ouers wat hul skoolfooie gereeld betaal.  U het einde verlede kwartaal ‘n rekening ontvang.  Mev Mileham is nog af vir die kwartaal, maar ons versoek asb u gereelde inbetaling.  Rekeninge sal weer so spoedig moontlik aan u besorg word.

 

6.     GEDEELTELIKE VRYSTELLING

Aansoeke om gedeeltelike vrystelling kan by die kantoor afgehaal word en moet VOOR OF OP

28 FEBRUARIE 2015ingehandig word.  Laat aansoeke sal nie oorweeg word nie!!

 

7.     DATUMS

 

JP PRYSUITDELING   :           27 NOVEMBER 2014 OM 18:00

                                                Kaartjies by registerpersoneel en by deure aand van vertoning.

 

Eksamenroosters is reeds uitgegee.  Die leerders skryf tot en met 28 November 2015 eksamen.

 

SKOOL SLUIT             :           10 DESEMBER 2014

RAPPORTE                 :           KAN AFGEHAAL WORD VANAF 08:00 TOT 09:30 BY             

                                                       REGISTERPERSONEEL OP 10 DESEMBER 2014

 

Indien u nie u rapport kan kom afhaal nie, moet ‘n gefrankeerder koevert aan die registerpersoneel, vooraf, besorg word.

 

GEEN rapporte sal gefaks of ge-epos word nie. 

 

SKOOL OPEN              :           14 JANUARIE 2015 OM 08:00

 

5.     HET JY GEWEET

 

“Die besluit om ‘n baba te hê is monumentaal.  Dis om te besluit dat jou hart vir ewig buite jou liggaam gaan rondloop.”  Elizabeth Stone

 

Besoek ons gerus op facebook:  Salomon Senekal Hoërskool

 

Groete

 

 

 

WJN KIESSIG            

SKOOLHOOF