To improve the appearance of this website please Click here to download Adobe Flash Player

Sport 

Baie geluk aan die volgende leerders met hulle prestasies

 

Veerpyltjies:

Op 28 - 31 Augustus 2013 het Elizma in Malawi gaan deelneem aan die Zone 6 kampioenskappe waar sy deel was van die Suid-Afrikaanse veerpyltjiespan.

Elizma en Suid-Afrika behaal onderskeidelik die volgende goue medaljes:
1)      Elizma wen haar ouderdomsgroep (onder 16 – 18).
2)      Sy en haar dubbelsspeelster wen hulle afdeling.
3)      Die meisies span wen die grootste getal toegemaak.
4)      Hulle wen ook met die minste “darts”.
5)      Die Suid-Afrikaanse seuns en meisiesspanne behaal 'n algehele 1ste plek.
6)      Die Suid-Afrikaanse meisiesspan is algeheel 1ste.

 

Gimnastiek :

 

Links:     Megan Gossayn het aan die Klerksdorp se uitnodigingskompetisie vir ritmiese gimnastiek deelgeneem.  Sy behaal ‘n tweede en ‘n derde plek en eindig algeheel derde.

Regs:     Danielle Geyser het deelgeneem in die Noordwes-gimnastiekkampioenskappe en het 5 goue medaljes in al die dissiplines gewen.  Sy was ook die algehele wenner in haar ouderdomsgroep.  Sy kwalifiseer om in die SA’s deel te neem.  Danielle het nou al die Noordwes-Kampioenskappe 4 keer agtereenvolgens gewen.

 

Krieket :

Links:   Lucian Bekker wat verkies is vir die O/13A Kroonspan.

Regs:   Ruan Thompson verkies vir die O/11 B span. 

.

Olimpiade :

Villies is baie trots op die volgende leerders wat op 28 Augustus in Sasolburg aan die 2de ronde van die Senior fase olimpiade deelgeneem het. Die spannetjie (onder leiding van Mev. M. Wienand) het 'n 1ste plek behaal met 94%. Hulle gaan in Oktober aan die volgende ronde deelneem. 

Van links: Chanell Schlebusch, Mev. M. Wienand, Deandre Niemann asook Chrisitne Crous

 

 

Herman Flynn, deel van die Vrystaat B-hengelspan, het hierdie naweek teen die Gauteng B-span deelgeneem.  Die Vrystaatspan wen die byeenkoms en Herman vang die grootste Geelvis van die byeenkoms.

 

Altetiek 2013